Romantiese uitbuiting en AI-liefdesbedrog al groter probleem

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Romantiese uitbuiting, AI-liefdesbedrog en catfishing rig wêreldwyd en in Suid-Afrika toenemend ernstige finansiële en emosionele skade aan. Slagoffers is dikwels weduwees, geskeides, bejaardes, enkellopendes, of diegene wat finansieel of emosioneel kwesbaar is. Belangrik is dat dit nie net naïewe mense raak nie, maar mense wat vriendelik of hoopvol is, maklik vertrou of selfs rou.

Volgens Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) begin hierdie misdade stil en subtiel, dikwels met net ’n vriendversoek, ’n boodskap of ’n interaksie op sosiale media en ontwikkel dit in ’n doelbewuste, manipulerende proses om vertroue te wen, emosionele afhanklikheid te skep en slagoffers van familie en ondersteuningsnetwerke te isoleer.

Hierdie tipe misdadigers gebruik nie meer net gesteelde foto’s nie; hulle maak toenemend gebruik van kunsmatige intelligensie (AI) om profielbeelde te genereer, boodskappe te skryf, stemme na te boots en selfs video- of lewendige nteraksies te simuleer. Die doel is om ’n vals emosionele realiteit te skep en slagoffers te oorreed om geld, persoonlike inligting of selfs intieme materiaal oor te dra. Slagoffers verloor dikwels nie net spaargeld of geld van pensioene of besighede nie, maar ook vertroue, familieverhoudings en emosionele stabiliteit.

Die gevaar lê daarin dat die slagoffer die bedrieër glo, beskerm en skepties teenoor familie en vriende raak wat probeer help en waarsku. Volgens SSS begin die bedrog met ‘n eerste kontak op sosiale media, afspraaktoeps (dating apps) of selfs professionele netwerke, waarna die misdadiger emosionele afhanklikheid en isolasie skep deur gereelde, aandagtige kommunikasie, gesimuleerde privaat stories en ’n “ons teen die wêreld”-narratief. Sodra die slagoffer die booswig vertrou, volg die finansiële fase dan dikwels, met klein, dringende versoeke vir geld, wat vinnig tot groter geldelike uitbuiting kan lei.

Bolhuis waarsku dat moderne AI-liefdesbedrog hierdie bedrog baie geloofwaardiger maak en dat selfs “egte” foto’s, stemme en boodskappe misleidend kan wees. Rooi vlae sluit in: emosioneel intensiewe verhoudings té vinnig, herhaalde verskonings om nie te ontmoet nie, versoeke vir geld, isolasie van familie en vriendegroepe, asook dreigende of dringende scenario’s. Daar word benadruk dat romantiese uitbuiting en AI-liefdesbedrog regsmisdade is, insluitend bedrog, identiteitsdiefstal, sextortion, geldwassery en georganiseerde misdaad. Die gevaar is hoe langer die bedrog voortduur, hoe groter die finansiële, emosionele en wettige risiko’s vir slagoffers.

Slagoffers of familielede wat vermoed dat hulle betrokke is, word aangeraai om onmiddellik professionele hulp te soek. Vir ondersoek, strategie en ingryping kan kontak gemaak word met Mike Bolhuis van Specialised Security Services.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief