Lees ook: Dodetal in Kenia-kultus styg tot 58, leier in hegtenis
Minstens 90 liggame is gevind op die plaas van die Keniaanse pastoor wat sy volgelinge aangesê het om hulleself uit te honger sodat hulle kan sterf om Jesus te ontmoet.
Die Kenia Red Cross Society het gesê die dodetal kan styg, want 213 mense word vermis.
Nog 17 liggame is ontdek op die plaas en 34 mense is gered voor hulle van die honger omgekom het.
“Pastoor” Paul Makenzi word daarvan beskuldig dat hy sy volgelinge na die plaas gelok het en vir hulle gesê het hulle moet vas tot die dood sodat hulle Jesus kan ontmoet. Daarna het hy hulle liggame in vlak grafte op die plaas begrawe.
Hy is in hegtenis geneem na die polisie vroeër die maand sy eiendom begin deursoek het. Hy bly in aanhouding.
Bronne: Euronews, Yahoo News, VN Explorer
Lees ook: Dodetal in Kenia-kultus styg tot 58, leier in hegtenis





