Rubriek deur Bert Mostert: Hoe belangrik is jou roeping?

Lees ook :

Ons leer mos in die Bybel dat ons moet strewe om soos Jesus te wees. Hy is ons voorbeeld en ons voorloper, ons anker in die geloof. Hy was ‘n mens net soos ek en jy, is versoek soos ons is, en het ‘n bediening gehad nes elkeen van ons ook.

Die enigste verskil tussen Sy roeping en joune, is dat Syne ‘n bietjie groter en belangriker was. ‘n Bietjie BAIE!

Heb. 8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 

In die Bybel is bediening die daad om God en ander in Sy naam te dien. Dit is ‘n manier om terug te gee aan God en ander deur tyd, talente en hulpbronne.

Ons almal het talente gekry, sommige baie en ander min. Maar jy het iets gekry en moet daarmee woeker, met ander woorde jou bediening uitleef. God het jou al ‘n roeping en bediening gegee nog voor die grondlegging van die aarde, nes Hy ook vir Sy seun gegee het.

Verbeel jou gou dat Jesus nie Sy bediening gehoorsaam het nie. Watter impak sou dit op die mensdom gehad het? Ons sou vir ewig verlore gewees het, dis wat! Dan wonder ek ook watter impak dit op die mensdom sal hê, as jy wat nou lees, nie jou bediening uitleef nie?

Ek het my roeping ontdek na jare se vas en gebed, en eendag het Hy my net getoon dat ek ‘n skrywer moet word, toe ek al amper veertig jaar oud was. So as jy wonder hoe om te weet wat jy moet doen, dalk kan jy my voorbeeld volg deur te vas en bid vir wysheid.

Ter afsluiting, sommige mense glo dat om die werk van die Here te doen net maanskyn en rose moet wees, en dat as als nie glad loop nie, dan is dit nie vir jou nie. Ek kan jou verseker dat dit nie so is nie, en dat daar uitdagings langs die pad sal kom, nes Jesus se bediening ook opposisie gehad het. Maar om jou roeping en bediening uit te leef is een van die belangrikste dinge wat jy op hierdie aarde kan doen, asook die mees vervullende.

So moenie jou talente vir jouself hou nie, my broer en suster, jou medemens het jou nodig!

2 Petrus 1:10 Daarom, broers, lê julle soveel te meer daarop toe om julle roeping en verkiesing stewig te vestig. Want as julle hierdie dinge doen, sal julle vir seker nooit struikel nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief