Rusland en Oekraïne val mekaar aan voor 3-dagskietstilstand

Lees ook :

Rusland en Oekraïne val mekaar aan voor 3-dagskietstilstand fotokrediet; X

Rusland en Oekraïne het mekaar oornag aangeval voor die drie dae lange skietstilstand op 8 Mei begin.

Lees ook: Vier hooflughawens in Rusland gesluit na Oekraïense aanvalle

Volgens die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, is ’n ma en seun dood in Kijif en sewe mense, insluitend vier kinders, is gewond.

Verskeie lughawens is in Rusland gesluit na Oekraïense aanvalle terwyl wêreldleiers na Rusland op pad is vir Moskou se oorwinningsdagvieringe van die Tweede Wêreldoorlog.

Oekraïne het gewaarsku dat leiers wat die vieringe in Rusland bywoon, hulle lande se eise dat hulle neutraal is in Rusland se oorlog teen Oekraïne, ondermyn. Wêreldleiers is ook gewaarsku dat hulle veiligheid nie gewaarborg kan word nie.

Bronne: The Independent, BBC, NBC News

Lees ook: Vier hooflughawens in Rusland gesluit na Oekraïense aanvalle

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief