Brekende Nuus
Afrikaans

Vier hooflughawens in Rusland gesluit na Oekraïense aanvalle

Vier hooflughawens in Rusland gesluit na Oekraïense aanvalle

fotokrediet: X
Vier hooflughawens in Rusland gesluit na Oekraïense aanvalle fotokrediet: X

RUSLAND. – Al vier hooflughawens in Moskou is gesluit na Oekraïense hommeltuie Rusland oornag aangeval het. 19 hommeltuie is vernietig, maar sowat 105 hommeltuie is gestuur om aanvalle te loods.

Lees ook: Poetin kondig drie-dag-skietstilstand in Oekraïne aan vanaf 8 Mei

26 hommeltuie is Maandag oornag vernietig. Wolodomir Zelenski het gewaarsku sy regering kan nie wêreldleiers en buitelandse afvaardigings se veiligheid waarborg as hulle na Moskou reis om die Tweede Wêreldoorlog-vierings op 9 Mei by te woon nie. Hy het gesê: “Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir wat in Rusland gebeur nie”.

Dit volg na Poetin verlede week ’n drie-dag-skietstilstand vanaf 8 Mei tot 10 Mei aangekondig het. Zelenski het gesê die skietstilstand is nutteloos en het gesê hy soek ’n onvoorwaardelike skietstilstand vir ten minste 30 dae.

Rusland het op sy beurt Kharkiv aangeval na Oekraïne se hommeltuigaanvalle.

Bronne: Daily Mail, BBC, The Independent

Lees ook: Poetin kondig drie-dag-skietstilstand in Oekraïne aan vanaf 8 Mei