Rusland en VSA bespreek skietstilstand met Oekraïne

Lees ook :

Rusland en VSA bespreek skietstilstand met Oekraïne fotokrediet: Canva

SAOEDI-ARABIË. – Verteenwoordigers van Rusland en Washington is tans in Saoedi-Arabië vir samesprekings oor ’n skietstilstand in Oekraïne.

Lees ook: Poetin teiken energie-aanleg in Oekraïne ure na hy instem om aanvalle te stop

Volgens Rusland is ’n skietstilstand van 30 dae reeds in plek oor aanvalle op Oekraïne se energie-aanlegte. Oekraïne se verteenwoordigers het Sondag ’n vergadering met die Amerikaanse verteenwoordigers gehad.

Daar was oornag hommeltuigaanvalle in Oekraïne én in Rusland met sowat 147 hommeltuie van Rusland af en sowat 28 van Oekraïne.

Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het beweer Rusland probeer die oorlog verleng. Hy sê daar kon reeds op 11 Maart ’n skietstilstand gewees het.

Bronne: DW – South Africa, The Telegraph, BBC

Lees ook: Poetin teiken energie-aanleg in Oekraïne ure na hy instem om aanvalle te stop

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief