OEKRAÏNE. – Wladimir Poetin het ‘n energie-aanleg in Oekraïne laat aanval ure na hy tydens ‘n oproep met Donald Trump ingestem het om sulke aanvalle te stop. 100 000 mense in Kiëf is as gevolg van die aanval sonder krag.
Lees ook: Sowat 12 dood in vliegtuigongeluk in Hondarus
Poetin het Dinsdag in ‘n oproep met Trump gesê hy sal tydelik ophou om energie-infrastruktuur in Oekraïne aan te val en het gesê hy het bevel gegee dat die aanvalle moet stop.
Rusland en die VSA sal weer Sondag in Jeddag, Saoedi-Arabië, bymekaarkom vir verdere samesprekings oor ‘n skietstilstand met Oekraïne ná Poetin geweier het om ‘n 30 dae skietstilstand te aanvaar.
Bronne: The Independent, The Sun, The Telegraph





