Rusland teiken Oekraïne met grootste lugaanval in maand ure ná Zelenski-Trump-gesprek

Lees ook :

Rusland teiken Oekraïne met grootste lugaanval in maand net ná Zelenski-Trump vergadering fotokrediet: Canva

OEKRAÏNE. – Rusland het een van die grootste lugaanvalle in ’n maand op Oekraïne geloods net ure nadat die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, en die Amerikaanse president, Donald Trump, samesprekings gehad het oor Trump se pogings om vrede tussen die twee lande te bewerkstellig.

Lees ook: Tien mense, insluitend kinders, dood in Russiese aanvalle op Oekraïne

Die Russiese weermag het 270 hommeltuie en 10 vuurpyle gebruik om die sentrale deel van Oekraïne aan te val. Belangrike dele van die land se energie-infrastruktuur is in die aanval getref. Rusland se verdedigingsministerie het ook beweer dit het ’n olieraffinadery, wat brandstof aan Oekraïense magte voorsien, getref.

Volgens die Oekraïense weermag kon dit 230 van die hommeltuie en ses van die vuurpyle afskiet.

Bronne: The Independent, ABC News, inkl.

Lees ook: Tien mense, insluitend kinders, dood in Russiese aanvalle op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief