OEKRAÏNE. – Nege mense is dood en verskeie is beseer ná ‘n Russiese aanval op Ternopil, Oekraïne.
Lees ook: Drie dood in Russiese aanval op Kijif
Die Oekraïense president, Wolodomori Zelenski, het gesê ‘n 9-verdieping woonstelblok is oornag in ‘n aanval getref. Volgens Zelenski het Rusland 470 hommeltuie en 47 vuurpyle in die aanval gebruik.
Zelenski het gesê daar is moontlik nog mense onder die puin vasgekeer.
Drie distrikte in Kharkiv is ook in die aanval getref en meer as 30 mense, insluitend kinders, is beseer.
Energiefasiliteite, vervoer- en siviele infrastruktuur is in die westelike dele van Oekraïne aangeval.
Bronne: BBC, EWN, Evening Standard
Lees ook: Drie dood in Russiese aanval op Kijif





