Brekende Nuus
Afrikaans

Drie dood in Russiese aanval op Kijif

Drie dood ná Russiese aanval op Kijif

fotokrediet: Canva
Drie dood ná Russiese aanval op Kijif fotokrediet: Canva

KIJIF. – Drie mense is dood en minstens 32 beseer nadat Rusland oornag aanvalle op Kijif geloods het.

Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre

Verskeie residensiële geboue is in die aanvalle getref en volgens Vitali Klitschko, burgemeester van Kijif, is ses kinders onder die beseerdes.

Die drie mense wat omgekom het, was in ‘n residensiële gebou van nege verdiepings in die Desnianskyi-distrik in Kijif, Sowat 24 mense is in dieselfde aanval beseer.

Owerhede het gesê minstens nog drie residensiële geboue is in die aanval beskadig en sewe mense, insluitend twee kinders, word in die hospitaal behandel.

Bronne: BBC, CBC, Radio Liberty

Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre