Russiese vliegtuig raak aan die brand na landing in Turkye

Lees ook :

Russiese vliegtuig raak aan die brand na landing in Turkye
Russiese vliegtuig raak aan die brand na landing in Turkye fotokrediet: X

Lees ook: Duitse vragvliegtuig stort in woonbuurt in Lithuanië neer

TURKYE. – ’n Russiese vliegtuig het Sondag in Turkye by die Antalya-lughawe aan die brand geraak na dit geland het.

Die vliegtuig het met 89 passasiers en ses bemanningslede aan boord van die Sochi-oord by die Swartsee gekom.

Kort na die vliegtuig geland, het die linkerenjin aan die brand geraak. Die passasiers en bemanning kon veilig ontruim word.

Azimuth Airlines, aan wie die vliegtuig behoort, het gesê die voorval is deur ’n slegte landing veroorsaak nadat die wind skielik van rigting verander het.

Antalya-lughawe het video’s van die brand geplaas en het gesê die vliegtuig se linkerenjin het brandstof gelek.

Bronne: Zee News, CNN, New York Post, X

Lees ook: Duitse vragvliegtuig stort in woonbuurt in Lithuanië neer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief