Lees ook: Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis
LITHUANIë. – ‘n Duitse vragvliegtuig het vanoggend (Maandag) in ‘n woonbuurt naby die Vilnius Internasionale Lughawe in Lithuanië neergestort en ‘n huis getref.
Een van die insittendes van die vliegtuig is oorlede, terwyl drie beseer is. Die ongeluk het ook ‘n brand in die huis wat getref is, veroorsaak.
Al 12 mense wat in die huis was, het volgens die Lithuaniese lughawewoordvoerder oorleef nadat hulle veilig ontruim is. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Bronne: DW – South Africa, New York Times, ERR News
Lees ook: Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis





