Rylopers beroof toe verdagtes in verkeerde rigting draai

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Twee vroulike rylopers is Donderdagaand deur twee beweerde manlike verdagtes wat hulle ‘n geleentheid aangebied het langs die R71-pad langs die Serala-brug buite Polokwane beroof. Die vroue is in die bosse agtergelaat.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die twee verdagtes vir die vroulike rylopers ‘n geleentheid in ‘n silwerkleurige Nissan Tiida aangebied. Die voertuig het glo in ‘n verkeerde rigting gedraai toe hulle Mankweng-polisiërinsarea bereik.

Malesela sê die verdagtes het die slagoffers in die bosse met ‘n wapen gedreig en hulle van selfone, skoene en kontant beroof. Hulle is glo ook gedwing om geld met ‘n banktoepassing op hulle selfone na die verdagtes se rekeninge oor te plaas.

Na bewering het die verdagtes toe weggery en die slagoffers in die bosse gelos. Hulle is later deur lede van die gemeenskap gehelp en die polisie is gebel.

Twee sake van gewapende roof word deur die polisie ondersoek. Enigiemand met inligting kan Mankweng-speurders by 082 565 6764 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief