GHANA, AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse hokkiespanne is veilig in Accra, Ghana waar hulle vanaf 15-22 Maart 2024 aan die Afrika-spele gaan deelneem.
Die vrouespan speel môre teen Nigerië. Die mans se eerste wedstryd vind op 16 Maart plaas wanneer hulle teen Kenia te staan gaan kom.
Hokkie vorm vanjaar vir die eerste keer na 2003 weer deel van die Afrika-spele wat elke vier jaar aangebied word.
Bronne: SA Hockey Association, Facebook