SA-leerder gaan aanlyn by Julliard-musiekskool komponeer

Lees ook :

Foto: Potchefstroom Gimnasium

NOORDWES. – Nico Smit, is nie net ‘n gewone gr. 9-leerder van Potchefstroom Gimnasium nie. Hierdie jong seun se besondere musiekbegaafdheid is besig om vir hom internasionale deure oop te maak. Hy is deur die Julliard School in New York gekies om aan ‘n komponeringsprogram wat hulle aanlyn sal aanbied, deel te wees.

Volgens ‘n trotse sosialemediaplasing op die skool se Facebook-blad is Smit ‘n Mozart in die kleine.

Hierdie aanlyn komponeringsprogram is net vir 16 gekose komponiste beskore.

“Nico is ‘n uiters begaafde komponis en hierdie is ‘n uitsonderlike prestasie. Gimmies weet dat hy ‘n sukses van die geleentheid gaan maak. Ons hou hom met groot afwagting dop.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief