Lees ook: Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind
Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie het gesê onder sekere omstandighede maak skooluniforms inbreuk op leerlinge se regte. Dit het ondersoek ingestel oor die regulering van skooluniforms en hoe leerlinge gesê word hulle moet lyk.
Die kommissie het bevind daar is geen rede om haarlengtes en die kleur van leerders se hare te reguleer nie. Hulle het ook gesê beleide wat tussen mans en vrouens onderskei wanneer dit by hare kom, moet verwyder word.
Dit is ook bevind daar is geen rede om die kleur van meisies se onderklere te reguleer nie. Die kommissie het ook gesê die afsonderlike uniforms wat spesifiek vir seuns en meisies ingestel word, is onregverdige diskriminasie, want dit tas hulle waardigheid aan, is stereotipies en weerhou leerders daarvan om hulle identiteit uit te leef.
Die kommissie het ook tot die gevolgtrekking gekom daar word teen leerders met “natuurlike Afrika-haarstyle” gediskrimineer; hulle hare moet uitgelos word.
Die nasionale departement van basiese onderwys en provinsiale departemente word ses maande gegee om alle skoolkodes te oudit sodat leerlinge hulle kultuur, geloof en oortuigings kan uitleef.
Bronne: IOL, The Citizen, EWN
Lees ook: Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind