SA o 18 Bokkies het Dinsdag op die plaas by Boland Landbou, drie drieë voor rustyd gedruk. Ierland, wat die SA o18 ‘A’ span verlede Vrydag met 36-33 geklop het, het in die tweede helfte ‘n mate van oplewing getoon, maar die Suid-Afrikaners het kalm gebly en nog vier drieë by hul telling gevoeg vir ‘n tweede oortuigende oorwinning.
Die SA o18’s het deur die besoekers se verdediging gebreek in die 15de minuut toe Jayden Joubert (slot) oorgedryf het vir ‘n drie. Nege minute later het die SA haker Clinton Agu weggebars uit ‘n losgemaal en die tweede drie was op die bord. Jayden Brits(skrumskakel) het gesorg vir die derde drie. Ná hy die eerste twee skoppe gemis het, het Ruben Groenewald die derde keer geslaag om die gashere dan met 17-0 te laat voorloop met die breuk. Binne 40 sekondes in die tweede helfte het die telling na 24-0 gespring toe Lamla Mgedezi (vleuel) in die linkerkantse hoek oortgegaan het. Na 47 minute het die Ierse kaptein en vasskopstut Harry Goslin uiteindelik deurgebreek en punte vir die Irese span besorg. Dit was helaas die eerste en ook die laaste keer wat die besoekers oor die Suid Afrikaners se wit lyn kom kom. Suid-Afrika se verdediging was oor die algemeen net te sterk en toe Jayden Afrikaner (vervangingsvleuel) sy merk gaan los vir hul sesde poging, het die momentum weer in die gasheerspan se guns geswaai. Ethan Adams het die laaste sê gehad ‘n paar minute voor die finale fluitjie toe die sterk middelveldspeler sy pad oor die doellyn geboender het, met Liyema Nela wat die oorskop hanteer het om dit 45-5 te maak. Puntemakers: SA o18 45 (17) – Drieë: Jayden Joubert, Clinton Agu, Jayden Brits, Lamla Mgedezi, Jayden Afrikaner, Ethan Adams, Strafdrie. Oorskoppe: Ruben Groenewald (2), Liyema Nela (2).
Foto aXnshots – Johan Maree






