Die twee Suid-Afrikaanse onder-18 spanne is gereed vir hul laaste wedstryde van die o18 Internasionale Reeks Saterdag in Paarl. Weereens het die afrigters verskeie aanpassings aan die spanne gemaak het om meer spelers ‘n kans te gee om op ‘n hoër vlak mee te ding. Die laaste rondte van hierdie gesogte jaarlikse byeenkoms vind by Paarl Gimnasium plaas. Dit begin om 11:30 wanneer die SA o18 ‘A’ span teen Frankryk speel en dit word opgevolg deur ‘n stryd tussen Ierland en Georgië om 13:30. Die hoofwedstryd is SA o18’s teen Engeland om 15:30. Die Bokkies is op soek na hul derde oorwinning van die toernooi. Vir die ontmoeting teen die Engelse het SA o18 afrigter Lwazi Zangqa weer die begin-kombinasies verander. Van die span wat Ierland, Dinsdag by Boland Landbou getroef het met 45-5, is slegs die slotkombinasie van Jayden Joubert en AJ Meyer, sowel as No 8 Gert Kemp behou.
Die voorste ry is heeltemal nuut, met Kai Pratt (loskop), Altus Rabe (haker), en JG Badenhorst (vaskop) wat ‘n kans kry om hul staal te wys. Flanke Chinedu Amadi en Joshua Neill sal begin. Die agterlyn het ook verskeie veranderinge, met Morne Noble (skrumskakel), Liyema Nela (losskakel), Jadrian Afrikaner (vleuel), en Ethan Adams (binne-senter) wat almal kans kry om in die beginspan op te draf. Engeland het tot dusver albei hulle wedstryde verloor.
Na die SA o18”A” span se dominerende wen van 57-19 oor Georgië, het hierdie span ook ‘n paar veranderings gedoen. Jeandre Uithaler, een van die span se sleutelspelers deur die toernooi, sal weer die span as kaptein lei vanuit die losskakel posisie.
Kaartjies is R20 per persoon en is beskikbaar by die hek of aanlyn deur Quicket. Al die wedstryde sal deur SuperSport Schools uitgesaai word. SA o18 span teen Engeland is: 15 Zekhethelo Siyaya 14 Junaide Stuart 13 Markus Muller (kaptein,) 12 Ethan Adams 11 Jadriaan Afrikaner 10 Liyema Nela 9 Morne Noble 8 Gert Kemp 7 Joshua Neill 6 Chinedu Amadi 5 AJ Meyer 4 Jayden Joubert 3 JG Badenhorst 2 Altus Rabe 1 Kai Pratt. Plaasvervangers 16 Keenan Myners 17 Jordan Jooste 18 Matthew van der Merwe 19 Lwandile Mlaba 20 Wasi Vyambwera 21 Jacobus de Villiers 22 Jayden Brits 23 Ruben Groenewald 24 Christian Vorster 25 Lamla Mgedezi 26 Thabiso Simelane.
SA o18 ‘A’ span teen Frankryk is: 15 Reinhart Viljoen 14 Ncutu Kepe 13 Erin Nelson 12 Lizwe Mthethwa 11 Junade Pasensie 10 Jeandre Uithaler (kaptein) 9 Mickyle Booise 8 Quintin Potgieter 7 Liam Lightly 6 Briint Davids 5 Migael Turner 4 Diaan Augustyn 3 Deon Botes 2 Thomas Muller 1 Jeffrey Singo. Plaasvervangers 16 Keenan Myners 17 Pieta Cilliers 18 Bernhard du Toit 19 Lian Terblanche 20 Nhlanhla Ndlovu 21 Zirk Meyer 22 Ethan van Biljon 23 Nathan Aneke 24 Sbabalwe Magwebu 25 Jeneall Davids
Foto aXnshots – Johan Maree





