SA o18’s rugby ligpunt in donker SA sport-naweek

Lees ook :

In ‘n drieë fees het, Suid-Afrika se o18 Bokkies, Saterdag 11 drieë  aangeteken om Engeland by Paarl Gimnasium te oorrompel. Die gashere het voortgebou op vroeë oorwinnings in die reeks van 43-21 oor Frankryk en 45-5 teen Ierland , om die reeks onoorwonne te eindig. Finale telling was ‘n formidabele 69-24. Hulle het van die staanspoor af goed oorheers en alhoewel die rustyd telling maar 24-17 was, het hul in die tweede helfte heeltemal die krane oopgedraai. Engeland kon, te danke aan puik kragspel en goeie afronding van SA,  eers naby aan die einde nog ‘n skamele 7 punte bykry.  Suid Afrika se 018’s met sy voorspeler kragspel en afgeronde agterlyn is dus dan, sonder twyfel, die beste span van die reeks. In ‘n vroeër wedstryd was SA o18 A ongelukkig oorweldig deur Frankryk met 40-14.

Punte: SA o18 69 (24) – Drieë: Jadriaan Afrikaner, Gert Kemp, Markus Muller (2), Ethan Adams, Junaide Stuart, JG Badenhorst, Altus Rabe, Josh Neill, Christian Vorster. Verdoelings: Liyema Nela (4), Ruben Groenewald (4). Strafskop: Nela. ENGLAND o18 24 (17) – Drieë: Lawrence Ogbonnaya, Henry Horsfall, Declan Treacey. Verdoelings: Hugh Shields, Oscar Talbot. Strafskop: Shields.

 Fotos aXnshots – Johan Maree

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief