SA-ondersoekspan van 5 ervare polisielede na Frankryk

Lees ook :

Suid-Afrikaanse ambassadeur aan Frankryk dood gevind in Parys fotokrediet: X

FRANKRYK, PARYS. – ‘n Ondersoekspan van vyf ervare polisielede, onder leiding van genl.maj. Maqhashalala, adjunk- provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing in die Wes-Kaap, sal saam met Franse owerhede werk om die dood van Nathi Mthethwa, SA-ambassadeur, te ondersoek.

Luidens ‘n gesamentlike verklaring deur die polisie-hoofkantoor en die polisieminister het Firoz Cachalia, die polisieminister, aangekondig dat ’n span van vyf ervare ondersoekbeamptes na Frankryk gestuur is. Genl. Fannie Masemola, polisiekommissaris, sê die besluit is ná konsultasies met Franse owerhede geneem.

Die doel is om ‘n deeglike en deursigte ondersoek te verseker – daar sal deurentyd met die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) kontak wees. Die gesamentlike ondersoek is daarop gemik om die lopende geregtelike ondersoek te ondersteun en die beginsels van geregtigheid en aanspreeklikheid te handhaaf.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief