Brekende Nuus
Afrikaans

20 mense in Australië in skietery beseer

20 mense in Australië in skietery beseer
fotokrediet: X
20 mense in Australië in skietery beseer fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – ‘n Man (60) is in hegtenis geneem nadat hy glo gister sowat 100 koeëls op mense in ‘n besige straat in Sydney, Australië afgevuur het. 20 mense is in die skietery beseer, een is in ‘n “ernstige” toestand.

Lees ook: SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond

Die skieter het gister op voertuie, verbygangers en die polisie in ‘n straat in Sydney se Inner West geskiet. Hy is in ‘n eenheid bo ‘n besigheid in hegtenis geneem. Die verdagte is na die hospitaal geneem vir behandeling vir beserings wat hy tydens sy inhegtenisneming opgedoen het. Hy is nog in die hospitaal onder polisiebewaking en nog geen aanklagtes is teen hom gelê nie.

Volgens ‘n getuie het die verdagte onlangs na die gebied getrek.

Bronne: CBS News, Sky News, Times of India

Lees ook: SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond