ACCRA, AFRIKA. – Suid-Afrika het altesaam 106 medaljes by die 13de Afrika-spele in Accra verower en derde na Egipte en Nigerië geëindig.
’n Totaal van 32 goue medaljes, 32 silwermedaljes en 42 bronsmedaljes is ingepalm.
Catherine van Rensburg het die meeste individuele medaljes, vier goud en een brons, vir swem ontvang. Swem het die meeste medaljes opgelewer – 17 goud, 16 silwer en 13 brons.
Kliek hier vir die volledige uiteensetting van die medaljes.
Bronne: Team SA, SA Sports Press