Brekende Nuus
Afrikaans

SA se ligte bly vir eers aan

’n Opdatering oor die beurtkragskedule sal voorlopig teen Sondagmiddag gegee word.

SA se ligte bly vir eers aan. Foto ter illustrasie: Canva
SA se ligte bly vir eers aan. Foto ter illustrasie: Canva

Die kragvoorsiener Eskom het Woensdagmiddag aangekondig beurtkrag bly vir eers opgeskort.

Beurtkrag is die afgelope twee weke nie geïmplementeer nie. Volgens Eskom het hulle genoeg opwekkingskapasiteit en reserwes.

’n Opdatering oor die beurtkragskedule sal voorlopig teen Sondagmiddag gegee word.

Bron: Eskom