SA se toerismesektor groei

Lees ook :

SA se toerismesektor groei. Foto: Wanted in Africa

Statistiek SA het hulle jongste syfers bekend gemaak. Alles dui daarop dat die Suid-Afrikaanse toerismesektor groei.

Die statistieke vir Januarie tot Maart vanjaar toon ’n 15,4% verhoging in internasionale toerisme teenoor dieselfde tyd verlede jaar. Nagenoeg 2,4 m. internasionale toeriste het SA in die eerste drie maande van die jaar besoek.

SA het 1,8 m. toeriste vanaf slegs die Afrika-kontinent ontvang, waarvan die meeste uit Zimbabwe en Ghana afkomstig was.

Patricia de Lille, minister van Toerisme, skryf dit toe aan die afstanddoening van visas tussen Ghana en SA wat op 1 November 2023 geïmplementeer is.

Sy beklemtoon dat die toerismesektor ’n groot bydraer tot die land se ekonomie en werkskepping is. “We are determined to continue at this momentum. South Africa remains attractive and accessible for all travellers to enjoy.”

Bron: SA Tourism

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief