BULGARYE. – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het aangekondig die Suid-Afrikaanse ambassade in Sofia, Bulgarye, sal vanaf 30 Junie gesluit word.
Lees ook: Indië val teikens in Pakistan aan, 26 mense dood
Die besluit spruit uit die behoefte om die toewysing van nasionale hulpbronne te prioritiseer as deel van ’n groter strategiese herbelyning van Suid-Afrika se diplomatieke missies wêreldwyd.
Suid-Afrika sal steeds nabye bande met Bulgarye behou, selfs sonder die ambassade. Die besluit om die ambassade te sluit, is nie ’n aanduiding van die waarde wat Suid-Afrika heg aan die verhouding met Bulgarye nie. Dit is eerder ‘n noodsaaklike maatreël vir verantwoordelike fiskale rentmeesterskap, aldus die departement.
Bronne: Departement van internasionale betrekkinge en samewerking





