Brekende Nuus
Afrikaans

SABC 2 herstel Afrikaanse nuussegment na ‘fout’ met skedule

SABC 2 herstel Afrikaanse nuussegment na ‘fout’ met skedule

fotokrediet: Canva
SABC 2 herstel Afrikaanse nuussegment na ‘fout’ met skedule fotokrediet: Canva

Die ANC-studiegroep vir kommunikasie en digitale tegnologie het bevestig SABC 2 se Afrikaanse nuussegment is herstel na dit die naweek weens ’n “skedulefout” nie gewys het nie.

Lees ook: SA’ners oor brandstofprys gewaarsku

Die DA en AfriForum het gister (Maandag) antwoorde geëis na die nuussegment nie gewys het nie.

Die ANC-studiegroep het in ’n plasing op X verduidelik dit het die saak ondersoek en dat dit “’n oorsig- en skeduleringsfout was en dat die nuus weer volgende naweek na normaal sal terugkeer”.

Die SABC het nog geen verklaring oor die voorval gemaak nie.

Bronne: Current Affairs ZA, X, IOL

Lees ook: SA’ners oor brandstofprys gewaarsku

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].