Lees ook: Wêreldwye IT-probleme moontlik veroorsaak deur Crowdstrike kubersekuriteit
DURBAN, KZN. – ‘n Advokaat vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is gister drie keer geskiet in ‘n beweerde sluipmoordpoging in Durban.
Coreth Naudé het gister by haar hotel in Durban-Noord aangekom toe twee onbekende mans haar geskiet het. Sy is in die gesig, bolyf en nek gewond.
Die polisiewoordvoerder het gesê die verdagtes het in ‘n silwer of grys Toyota Corolla met gekloonde nommerplate gevlug.
‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.
SARS Media Statement: Assassination attempt of Advocate Naude
The Commissioner for the South African Revenue Service Mr Edward Kieswetter has condemned in the strongest possible terms the attempted assassination of Advocate Coreth Naude… https://t.co/QB59GX6lRu— SA Revenue Service (@sarstax) July 18, 2024
Bronne: The Citizen, SABC, EWN, X
Lees ook: Wêreldwye IT-probleme moontlik veroorsaak deur Crowdstrike kubersekuriteit