HAZYVIEW. – ’n Sakeman is Woensdagaand by Sandriver Trust hier naby doodgeskiet.
Lees ook: Familie van sakeman dood in helikopterongeluk dagvaar operateur
Luidens ‘n polisieverklaring het die polisie inligting ontvang oor ’n skietery by ’n kosmaatskappy in die gebied. Die polisie het die slagoffer, Eddie Khoza, met verskeie skietwonde op die grond gevind, toegemaak met ’n kombers.
Die verdagte het blykbaar as ’n kliënt by die maatskappy ingegaan voordat hy ’n wapen uitgehaal en losgebrand het. Khoza het hulp probeer kry, maar hy het in die straat ineengestort waar hy weer geskiet is. Die verdagte het te voet gevlug.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Bronne: SAPD
Lees ook: Familie van sakeman dood in helikopterongeluk dagvaar operateur





