GAUTENG – Vyf beweerde sakerowers wat Dinsdag glo kort vantevore ‘n besigheid in Meadowdale-inkopiesentrum beroof het en met ‘n Mercedes-Benz probeer vlug het, het agterdog by polisielede van Edevale-polisielede gewek. Drie van die verdagtes is na ‘n skietery en jaagtog vasgetrek.
Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi het die polisielede die voertuig gestop, waarna een verdagte glo met ‘n vuurwapen in sy hand uitgespring, dit op die polisielede gerig en toe terug in die voertuig gespring het. Na bewering het ‘n jaagtog, waartydens die verdagtes op die polisie geskiet het, plaasgevind. Die polisie he teruggeskiet.
Die verdagtes het glo met die voertuig in ‘n sakeperseel tot stilstand gekom, uitgespring en probeer wegkom. Rugsteun is deur die polisielede aangevra en drie van die verdagtes wat aan die agterkant van die sakeperseel probeer skuil het, is in hegtenis geneem. Twee vuurwapens, waarvan die reeksnommers afgevyl was, is in hulle besit gevind.
Voorlopige ondersoek het aangedui die voertuig was glo as wegkommotor vir die beweerde sakeroof in die inkopiesentrum gebruik.
Nevhuhulwi sê die verdagtes word vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, poging tot moord en die besit van ‘n vermoedelike gesteelde motorvoertuig aangekla
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





