Lees ook: Dokter erken Covid-reëls was ‘opgemaak’
SAL het ‘n skikkingsooreenkoms met die VSA se departement van vervoer se kantoor van lugvaartverbruikersbeskerming bereik om R5.4 m te betaal oor vlugte wat tydens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.
Die groep het tussen April 2021 en Maart 2023 R2.2 mjd. terugbetaal aan mense wie se vlugte as gevolg van die pandemie gekanselleer is.
Die VSA het ‘n siviele eis teen die maatskappy gemaak namens Amerikaanse passasiers wat gekla het oor vertragings met geldelike terugbetalings vir vlugte wat oor Covid gekanselleer is. Die SAL is een van vele internasionale lugdienste wat eise teen hulle gehad het.
Bronne: IOL, Moneyweb, BusinessTech
Lees ook: Dokter erken Covid-reëls was ‘opgemaak’