SAL-staking eindig, ooreenkoms oor salarisse bereik

Lees ook :

SAL staking eindig, ooreenkoms bereik oor salarisverhogings fotokrediet: X

Die SAL het aangekondig hulle vlieëniers het die salarisverhogings en voordelepakkette wat hulle aangebied is, aanvaar en die werk-volgens-die-reëls-protesaksie is opgeskort.

Lees ook: SAL-vlieëniers steeds ongelukkig oor salarisse

Die hoof van SAL, prof. M. John Lamola, het gesê hulle is bly om te sien dat die vlieëniers terugkeer na hulle werk en dat dit wys “hulle is toegewy aan die sukses van die lugredery oor die jare wat kom”.

Dit is onbekend wat die bedrag of die voordele is wat deur die vlieëniers aanvaar is ná onderhandelinge sedert Mei 2024 aan die gang was.

Lamola het gesê die SAL is vasbeslote in hulle toewyding om ’n finansiële verantwoordelike lugredery te wees wat nie op openbare befondsing hoef staat te maak nie.

Bronne: SAL

Lees ook: SAL-vlieëniers steeds ongelukkig oor salarisse

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief