WES-KAAP. – Saldanhabaai-polisiestasie is as gevolg van ‘n brand wat uitgebreek het tot verdere kennisgewing gesluit.
Kol. André Traut sê aan Nuusflits ‘n tegniese probleem is met ‘n netwerkbediener ondervind en as gevolg daarvan is die perseel as voorsorgmaatreël ontruim.
“Die saak geniet aandag en die omvang van die skade moet nog bepaal word. Alternatiewe reëlings is getref om te verseker dat dienslewering nie deur die tegniese probleem belemmer word nie.”
André Truter, die uitvoerende burgemeester van Saldanhabaai-munisipaliteit, het die voorval op sosiale media bevestig.





