Samantha Leonard is die wenner van ‘Die Kontrak 2’!

Lees ook :

Fotokrediet Die Kontrak

Samantha Leonard is pas op die Afrikaans Is Groot 2022 se afskop-konsertverhoog in Menlyn SunBet-arena as Suid-Afrika se wenner van “Die Kontrak 2′ aangekondig!

Die “Grootbaas” – Arnold Coleske – het gepraat.

Sy wen ‘n platekontrak ter waarde van R1 miljoen en ‘n voertuig van Toyota SA (Starlet) wat vir ‘n jaar gebruik kan word.

Vroeër vandag is haar kortspeler-album met vyf splinternuwe snitte vrygestel.

Samantha het groot skoene om vol te staan na die gewilde Demi-Lee Moore “Die Kontrak” se eerste seisoen gewen het met haar treffer “Mis Eet Slaap Herhaal.”

FiND iT Nuus wil graag hierdie sangeres geluk toewens met ‘n welverdiende wen en haar ‘n voorspoedige loopbaan by Coleske Artists Management toewens.

Plaas jou gelukwensinge in die kommentaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief