SA’ners in Donbas Oekraïne vasgekeer ná hulle as huursoldate aansluit

Lees ook :

17 Suid-Afrikaners vasgekeer in Donbas nadat hulle by Rusland-Oekraïne-oorlog aangesluit het fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – President Cyril Ramaphosa het “beveel dat ‘n ondersoek ingestel word” nadat 17 Suid-Afrikaners tussen 20 en 39, wat in Donbas in die Oekraïne vasgekeer is, ‘n oproep tot die regering gedoen het.

Lees ook: Hamas oorhandig nog ‘n liggaam aan Israel

Die 16 mans van KwaZulu-Natal en een van die Oos-Kaap het as huursoldate in die Rusland-Oekraïne-oorlog aangesluit onder die voorwendsel van werkkontrakte.

‘n Woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenay, het gesê Ramaphosa het ‘n bevel uitgereik dat die omstandighede wat gelei het tot die mans se aansluiting by die groepe ondersoek moet word. Hy het bygevoeg dat die regering deur diplomatieke kanale werk om die mans terug te bring na Suid-Afrika.

Bronne: BBC, EWN, The Citizen

Lees ook: Hamas oorhandig nog ‘n liggaam aan Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief