Sanger Appel ‘teleurgesteld’ oor twee met permanente merkpen op sy Land Cruiser teken

Lees ook :

Foto's Appel

LIMPOPO. – Appel het in ‘n sosialemediaplasing meer as sy teleurstelling uitgespreek oor twee persone wat die naweek tydens ‘n geleentheid waar hy in Modimolle (Nylstroom) in ‘n restaurantkroeg gesing het met ‘n permanente merkpen op sy voertuig geteken het.

Appel het slegs dae vantevore foto’s van sy Land Cruiser, wat spesiaal oorgetrek is, gedeel.

Hy het genoem hy en die eienaars van die perseel is op die spoor van die twee kwaaddoeners van wie een selfs op die tafel waar hulle gesit het met ‘n permanente merkpen geteken het.

Lees die volledige plasing van Appel hier onder:

Indien jy my voertuig of enige ander persoon se voertuig by ‘n vertoning sien teken asb. op jou eie kar jou dwaas. Jou permanent marker het in my wrap ingetrek en niks verwyder dit nie. Daar is ‘n span wat ongelooflik hard gewerk het om die Cruiser so te kry. Daar word vinnig gepraat oor vandalisasie ens. ens., maar tog maak ons maar dieselfde (die skaal maak nie saak nie). As drank jou dit maak doen, los dit eerder ou perd. As ek nie betyds by jou uitgekom het om JOU cruiser te teken nie is dit omdat iemand pepperspray in die handtekeningry gespuit het. Ek en die eienaars sit ‘n beloning op vir die twee culprits, die kameras word ook nou deeglik bestudeer. Teleurgesteld is ‘n “understatement”.

Heerlike dag vir die trotste medeboer wat dit gedoen het.

Bron: Appel

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief