Brekende Nuus
Afrikaans

Sangeres Jessie J gediagnoseer met vroeë borskanker

Sangeres Jessie J gediagnoseer met vroeë borskanker

fotokrediet: X
Sangeres Jessie J gediagnoseer met vroeë borskanker fotokrediet: X

Die sangeres Jessie J is gediagnoseer met vroeë borskanker. Sy het in ‘n plasing op Instagram gesê sy het onlangs toetse ondergaan en gaan ná die Londen Capital Summertime Ball, wat op 15 Junie in die Wembly-stadium plaasvind, geopereer word.

Lees ook: Blake Lively laat vaar twee aanklagte teen Justin Baldoni

Jessie J sê sy deel die nuus omdat sy self nog besig is om dit te verwerk en om samehorigheid te wys aan mense wat iets soortgelyks ervaar.

Sy het bygevoeg dat die diagnose haar meer perspektief gegee het en dat die tyd ná die Summertime Ball haar eie gaan wees.

Bronne: Instagram

Lees ook: Blake Lively laat vaar twee aanklagte teen Justin Baldoni