INTERNASIONAAL. – Roberta Flack, legendariese Amerikaanse sangeres, pianis en Grammy-wenner het Maandag in die ouderdom van 88 gesterf.
Sy sal onthou word vir die 1970-treffers soos The First Time Ever I Saw Your Face, Feel like makin’ love en Killing Me Softly With His Song. Sy het vreedsaam en met haar familie by haar gesterf. Die oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie.
Flack is in 1972 geskei. Haar seun, Bernard Wright, het in 2022 gesterf.
Bronne: AP, Times Live en Variety





