Sangeres van ‘The Ballad of Lucy Jordan’ sterf

Lees ook :

Foto: Marianne Faithfull Facebook-blad deur Jean Baptiste Mondino

Marianne Faithfull (78), sangeres en aktrise, het Donderdag omring deur haar familie in Londen gesterf.

Faithfull is op 29 Desember 1946 in Hampstead in Londen gebore. Sy is bekend vir treffers soos As Tears Go By, wat gedurende 1964 die top 10 in die Verenigde Koninkryk behaal het, en vele meer soos This Little Bird en Broken English. Sy het ook in talle rolprente, insluitend The Girl On A Motorcycle gedurende 1968, asook Marie Antoinette, Paris, je t’aime, en Irina Palm gespeel.

Faithfull was ‘n paar keer getroud en was ook ‘n aantal jare met Mick Jagger in ‘n verhouding. Nadat sy in 2020 Covid opgedoen het, het sy teruggekeer met ‘n 21ste album, genaamd She Wallks In Beauty.

Bronne: The Rolling Stone, BBC en Sky News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief