Santaco aanvaar roetesluitings in geweldgeteisterde gebiede

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) in die Wes-Kaap het kennis geneem van die provinsiale regering se besluit om Artikel 91 van die Nasionale Grondvervoerwet in te stel. Hierdie bepaling stel die provinsie in staat om buitengewone maatreëls toe te pas in gebiede waar geweld, onrus en onstabiliteit in die openbarevervoersektor menselewens in gevaar stel. Sekere taxiroetes sal vanaf 17 September vir 30 dae gesluit word.

In ‘n verklaring sê dié taxivereniging hulle ontvang die besluit met beide hartseer en begrip. Hartseer, oor die blywende impak wat dit op die inkomste van taxi-operateurs en hul gesinne, asook die ondernemings wat die bedryf ondersteun, gaan hê. Terselfdertyd is daar begrip vir die maatreël in die belang van die beskerming van lewens.

Die organisasie het verskoning gevra aan pendelaars wat deur die sluitings geraak sal word. “As ’n bedryf wat die ruggraat van daaglikse vervoer vir duisende mense is, is ons deeglik bewus van die ontwrigting wat dit veroorsaak.”

Santaco het gesê hulle bly optimisties dat voortdurende gesprekke met die regering en ander belanghebbendes tot vrede en stabiliteit sal lei. Die raad het beklemtoon dat hulle verbind is tot samewerking en ’n blywende oplossing. “Ons doen ’n beroep op die media en die breër publiek om die taxi-industrie die ruimte te gee om konstruktief betrokke te raak en om inisiatiewe wat vrede en samewerking bevorder, te ondersteun,” lui die verklaring.

Santaco het bygevoeg dat hulle glo dat die Wes-Kaap hierdie tydperk deur kollektiewe pogings, dialoog en begrip sal oorkom en stabiliteit sowel as vertroue in die bedryf sal herstel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief