SANW-lede en Zimbabwiërs in hof op smokkel- en korrupsie-aanklagte

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF), insluitend ’n vroulike soldaat en twee ongedokumenteerde Zimbabwiërs, sal vandag (Donderdag) in die Musina-landdroshof verskyn. Hulle word van korrupsie, die besit van onwettige sigarette, onwettige vuurwapengebruik, dwarsboming van die gereg, oortreding van die immigrasiewet, die onwettige besit van ammunisie en die voordoen as militêre beamptes aangekla.

Brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagtes, tussen 26 en 42 jaar oud, is op 16 September tydens ’n gesamentlike operasie deur die polisie en militêre intelligensie vasgetrek. Die inhegtenisnemings volg op ’n voorval by Artonvilla, naby die Limpoporivier, waar hulle glo ’n sending onwettige sigarette wou onderskep en steel. Tydens die operasie is skote geskiet en 24 bokse onwettige sigarette is agtergelaat, waarvan ses later in ’n tydelike militêre kamp gevind is. Verdere ondersoek het tot nog inhegtenisnemings in Matswale gelei, waar onder meer 18 rondtes lewendige ammunisie, weermaguniforms en bykomende vuurwapens gevind is.

Die SANW het die inhegtenisnemings Woensdag in ‘n uitgereikte verklaring bevestig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief