SANW-lede skiet verdagte op plaas dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Lede van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag het Sondag omstreeks 19:00 ‘n verdagte tydens ‘n voorval op ‘n plaas doodgeskiet. Tshamutumbu-polisie het ’n moorddossier geopen en ’n soektog na nog ‘n verdagte van stapel gestuur.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die weermaglede inligting oor ’n Nissan Navara-dubbelkajuitbakkie, wat deur ’n finansiële instelling gesoek word, ontvang. Die eienaar het glo vir maande nie betalings op die bakkie gemaak nie. Toe die soldate probeer om die voertuig te stop, is daar glo op hulle geskiet. Die SANW-lede het teruggeskiet.

Twee manlike verdagtes het daarna uit die voertuig geklim en in nabygeleë bosse ingevlug. Een van die verdagtes is tydens ‘n soektog bewusteloos met ’n skietwond aangetref. Hy is deur nooddienspersoneel na ’n hospitaal geneem, waar hy dood verklaar is. Sy identiteit is nog onbekend.

Die polisie het ’n moordsaak geopen en beslag op die bakkie gelê. ‘n Soektog is aan die gang om die oorblywende verdagte op te spoor.

Ledwaba sê die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief