SAPD lê beslag op 1 425 liter gesteelde diesel

Lees ook :

NOORD-KAAP – Op Donderdag 30 Mei 2019 het die Noord-Kaapse provinsiale trio-misdaadtaakspan 1 425 liter vermoedelik gesteelde diesel in Mapoteng naby Mothibistad gekonfiskeer.

‘n 36-Jarige verdagte is by sy huis in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde brandstof gevind is. Die Trio-misdaadtaakspan het na aanleiding van inligting opgetree en gevind dat brandstof in ‘n stoorkamer by die verdagte se woning gestoor is, terwyl sommige van die houers vol brandstof in die bakkie se laaibak gevind is.

Die bakkie is ook gekonfiskeer omdat dit instrumenteel was in die misdaadproses. Die span is besig met die ondersoek om vas te stel hoekom die verdagte in besit van die brandstof was. Die verdagte sal binnekort in die Mothibistad-landdroshof verskyn, op ‘n klag van besit van vermoedelik gesteelde brandstof.

Die groepkommandant van die John Taolo Gaetsewe, hoof-generaal, Johan Bean, het die span geprys vir die verdagte se inhegtenisneming.
“Die inhegtenisneming sal dien as ‘n waarskuwing aan diegene wat brandstof steel, hetsy van hulle werkgewers of van die maatskappye waarvoor hulle werk,” sê polisiewoordvoerder, kapt. Olebogeng Tawana.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief