GAUTENG. – Die SAPD het vanoggend ‘n memorandum met Virgin Active en Planet Fitness onderteken vir spesiale afslag vir polisielede om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.
Brig. Athlenda Mathe sê die ondertekening van die MOU (Memorandum of Understanding) is om polisiebeamptes te bevoordeel om toegang tot nutsdienste van die twee gimnasiumklubs teen ‘n afslagtarief te gebruik. Hierdie is ‘n poging om werknemers aan te moedig om fisies fiks en gesond te bly.
Genl. Fannie Masemola sal deel wees van die dag waartydens ‘n fiksheidsessie met polisielede sal laasvind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





