Brekende Nuus
Afrikaans

Sassa bevestig dat goue kaarte nie Desember verval nie

Begunstigdes sal steeds toelae ontvang.

Die goue kaart
  Foto: Sedibeng Ster
Die goue kaart Foto: Sedibeng Ster

PRETORIA. – Die Posbank het ’n gerug oor die goue Sassa-kaarte wat einde Desember verval as vals afgemaak.

Hulle het bevestig dat begunstigdes se goue kaarte steeds geldig is en dat hulle steeds toelae sal ontvang.

Bongani Diako, SA Post Bank se woordvoerder, het gesê begunstigdes moet versigtig vir swendelaars tydens die feestyd wees. Verder moet die gemeenskap oproepe ignoreer wat hulle na lokale nooi om hulle “vervalde” kaarte te hernu.

Lede kan www.postbank.co.za besoek of die hulplyn by 0800 535 455 skakel.

Bronne: The South African Government, SASSA, EWN