Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs se verhoor begin in Mei
Die kletsrymer Sean “P Diddy” Combs is aangekla in nog ses sake van verkragting, seksuele mishandeling en seksuele aanranding.
Twee vrouens en vier mans het beweer hulle is tussen 1995 en 2021 by Diddy se partytjies aangerand. Een van die mans het gesê hy was 16 jaar oud toe hy in 1998 een van Diddy se partytjies bygewoon en Diddy hom seksueel aangerand het.
Nog ‘n vrou het gesê Diddy het haar verkrag toe sy 19 jaar oud was toe sy in 2004 ‘n “privaat partytjie” by sy hotel bygewoon het.
Diddy het alle aanklagtes ontken en sy verhoor sal na verwagting op 5 Mei 2025 begin.
Bronne: BBC, Sky News, CNN





