Sekere Dark and Lovely-haarprodukte oor hoë vlakke bakterieë herroep

Lees ook :

Dark and Lovely-haarprodukte herroep oor hoë vlakke bakterieë
Dark and Lovely-haarprodukte herroep oor hoë vlakke bakterieë fotokrediet; X

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig sekere Dark and Lovely-produkte is herroep. Die Lovely Moisture Plus Kits (Regular en Super) en Dark and Lovely Anti Breakage Kits is herroep oor hoë vlakke van bakterieë.

Verbruikers word gewaarsku om nie die produkte te gebruik nie en om dit dadelik terug te neem na die winkel waar hulle dit gekoop het.

Die sjampoe in die stelle bevat hoë vlakke bakterieë wat infeksies kan veroorsaak.  Die produk is in April 2023 vervaardig.

Dit is die jongste produk wat in Suid-Afrika herroep is ná grondboontjiebotter en Benylin-hoesstroop vroeër die jaar van die winkelrakke gehaal is.

Bronne: IOL, The Citizen, X, Jacaranda FM

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief