JOHANNESBURG. – Sekere strate in Johannesburg sal Saterdag tussen 09:00 en 13:00 gesluit word vir voorbereidings vir die G20-beraad wat volgende week vanaf 22 tot 23 November plaasvind.
Lees ook: Donald Trump sê SA hoort nie in G20 nie
Die Road Traffic Management Corporation, Gauteng-verkeerspolisie, Johannesburg-metropolisie en die Suid-Afrikaanse polisiediens sal ‘n “gesaamentlike, gekoördineerde operasie” uitvoer om vir die G20-beraa voor te berei. Dit vorm deel van die verhoogte sekuriteit- en verkeersbestuur vir wanneer die G20-lede in Johannesburg aankom.
Die volgende paaie en roetes sal Saterdag gesluit wees:
N1, M1, N12, 5th Street, Maude Street, Daisy Street, Rivonia Road, Grayston Drive, Katherine Street, Whiteley Road, Melrose Boulevard, Athol Oaklands Road, Oxford Road, Glenhove Road, Jan Smuts Avenue, Winnie Mandela Drive, Hendrick Potgieter Road, Rand Show Road, Nasrec Road, Golden Highway (Nasrec).
Alternatiewe roetes sluit in: Roodepoort-area: Beyers Naudé Drive, Christiaan De Wet Road, of Ontdekkers Road. Fourways: Main Road, Cedar Road, of Witkoppen Road.
Sandton/Rosebank/Parktown: Corlett Drive, Sandton Drive, of 11th Avenue.
Suidelike Johannesburg: Chris Hani Road, Main Reef Road, Crownwood Road (Fordsburg–Crown Mines), Soweto Highway, N17, Aerodrome Road, en Adcock Ingram Road.
Bronne: Current Affairs ZA, SABC News, SA News
Lees ook: Donald Trump sê SA hoort nie in G20 nie





