VSA. – Donald Trump het gesê hy dink Suid-Afrika moet “nie eens meer in die G20 wees nie, want wat daar gebeur, is sleg. Ek gaan nie ons land daar verteenwoordig nie. Dit moenie daar wees nie”.
Lees ook: Onbevestigde tornado gister naby Harrismith gesien
Sy kommentaar kom voor die G20-beraad later vandeesmaand in Johannesburg plaasvind. Sy visepresident JD Vance gaan die beraad op 22 en 23 November in sy plek bywoon.
Trump het Suid-Afrika herhaaldelik daarvan beskuldig dat dit teen blankes diskrimineer en het gesê daar vind “volksmoord” op blankes plaas. Suid-Afrika het Trump se beskuldigings ontken en het gesê daar is geen betroubare bewyse van ‘n volksmoord nie.
Bronne: BBC, Newsweek, SABC News
Lees ook: Onbevestigde tornado gister naby Harrismith gesien





