Selfoon lei glo tot polisielid en ‘n ander se dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Konst. Richard Thando Thani (34) en nog ‘n onbekende man is Vrydagaand tydens ‘n skietery in ‘n drankwinkel in Kamshlushwa doodgeskiet.

Kol. Donald Mdhluli sê Thani was van diens en volgens inligting in die drankwinkel toe sy selfoon glo vermis of gesteel is. Hy het sy foon onsuksesvol teruggeëis, waarna hy na bewering na buite gegaan en met ‘n vuurwapen teruggekeer het.

Leonard Manzini (37) het glo die konstabel ontwapen, waartydens skote geskiet is. In die harwar is Thani en die onbekende man doodgeskiet. Nog twee persone wat beseer is, is vir mediese behandeling geneem.

Mdhluli sê die Kamhlushwa-polisie is ontbied en Manzini is op die toneel in hegtenis geneem. ‘n Polisiedienswapen is op die toneel gekonfiskeer. Manzini word van twee moorde en twee moordpogings beskuldig.

Hy het Dinsdag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga voorgekom. Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot Maandag uitgestel en Manzini bly in aanhouding.

Maj.genl. Zeph Mkhwanazi het die voorval veroordeel en die inhegtenisneming verwelkom en sê: “‘n Ondersoek na hierdie voorval word gedoen om uit te vind hoe die lid met ‘n vuurwapen na ‘n drankwinkel gegaan het.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief