GAUTENG. – Vier senior amptenare van die departement van korrektiewe dienste (DKD), insluitend die finansiële hoof, is geskors hangende ’n ondersoek na bewerings van bedrog wat met ’n steenkoolvoorsieningstender verband hou.
Euné Wessels, woordvoerder vir dr. Pieter Groenewald, sê die skorsings is op 8 September aangekondig. ’n Strafsaak is by die Valke geregistreer. Die beweerde bedrog word tans ondersoek. Die departement sal ook ’n forensiese ondersoek doen om die omvang van enige ongerymdhede vas te stel. Groenewald sê die departement sal ten volle met die ondersoek saamwerk sodat diegene wat skuldig bevind word, tot verantwoording geroep kan word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: